Slideshow Image Script

Liewe Vriende

Soos u geruime tyd in die nuusmedia gesien het, is ‘n groep begaande inwoners van George besig om iets te probeer doen aan die verval van een van ons oudste geboue. Die Vriende van die Tolhuis - ‘n belangegroep wat bestaan uit kundiges in die restourasiebedryf, kultuurhistorici en argitekte, het in 2008 ontstaan en daar is al heelwat gedoen om die ou Tolhuis op die Montagupas wat in 1845 gebou is, te bewaar. Verlede jaar is daar met borgskappe en kundigheid uit eie geledere, diefwering gemaak wat die Tolhuis van verdere vandalisme bewaar. Ons het nou op ‘n stadium, na al die nodige toestemming van Erfenis Wes Kaap bekom is, om daadwerklik voort te gaan met die restourasie. ‘n NPO goedkeuring sertifikaat maak dit moontlik dat u kontantdonasie van u inkomstebelasting afgetrek kan word. Ons het ook hout nodig vir die 2 deure, 4 vensters,50vkm vloer asook sement, sand, stene en verf vir die binnemure. ‘n Spesifikasielys vergesel hierdie versoek. Indien u behulpsaam kan wees mt enige van bogenoemde sal ons dit opreg waardeer. ‘n Borgnaamplaat word beplan vir die binnekant van die Tolhuis wat voorlopig na restrourasie as Teetuin en Inligtingsentrum ingerig sal word. Werk sal aan ten minste 4 persone verskaf word wat die teetuin, en opvoedkundige praatjies en natuurtoere insluit. Voltydse sekuriteit sal ook op ‘n permanente basis geskied. Hoop om op u te kan reken in hierdie grootse taak wat uiteindelik ‘n aanwins vir ons hele omgewing en sy mense sal wees.