Slideshow Image Script
Tab Slider Demo - Jssor Slider, Carousel, Slideshow with Javascript Source Code

Koerant 2014

GEORGE. – Die klipwerk aan die geskiedkundige Tolhuis aan die voet van die Montagupas kan herstel word, volgens Joost Pyck, ’n klipkapper van Oudtshoorn.

Maar hy het gewaarsku dat water teen die mure afloop en dit veroorsaak suur wat die sandsteen afbreek. Die gebou moet dus gou gerestoureer word, anders gaan die struktuur inmekaartuimel.

Pyck het eergistermiddag die Tolhuis besoek saam met Gerda Stols van die Vriende van die Tolhuis en Anthonie Petzer, wat by die restourasie betrokke is.

Die Burger het onlangs berig oor restourasiewerk aan die Tolhuis wat in alle erns begin het en dat die hulp van ’n klipkapper benodig word.

Pyck het van die berig gehoor en kontak gemaak met lede van die Vriende van die Tolhuis. Vriende van die Tolhuis, ’n organisasie sonder winsbejag, is die dryfkrag agter die restourasie.
Die Wes-Kaapse Erfenisraad het onlangs toestemming verleen vir die restourasie. Die plan is om die Tolhuis so na as moontlik aan sy oorspronklike vorm te restoureer.

Die Tolhuis is reeds in 1845 gebou. Die afgelope jare het dit erg verwaarloos.
Volgens Pyck is baie werk nodig aan die klipstruktuur van die Tolhuis. Die klippe moet skoongemaak en, waar nodig, uitgekap word.

Die sandsteen wat in die Tolhuis gebruik is, is nie dieselfde as dié wat vir geboue in Oudtshoorn gebruik is nie.
Die sandsteen van die Tolhuis is harder as dié in Oudtshoorn se geboue. Stols het gesê die herstel van die klipwerk gaan geld kos. Die Vriende van die Tolhuis sal dit nie self kan finansier nie.

Na raming sal dit sowat R40 000 kos om die klipwerk te herstel. “Alles sal nou afhang van bydraes van die publiek,” het sy gesê.
-  ’n Museum en teetuin word ook beplan vir die Tolhuis. Daar word gehoop dat die restourasie teen die einde van die jaar afgehandel sal wees sodat vakansiegangers dit kan besoek.
- Die Tolhuis was die destydse woning van die tolgaarder en sy gesin. Dit het 250 gevangenes vier jaar geneem om die Montagupas onder leiding van die ingenieur Henry Fancourt White te ¬voltooi.
Tolgeld is verhaal van transportryers wat met hul diere oor die pas gery het om goedere in die binneland te verkoop.

Berig 2014
’n Restourasieprojek om een van die Suid-Kaap se oudste bakens vir die nageslag te bewaar, is Donderdag deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) vereer. Die jare lange projek om die Tolhuis in die Montagupas buite George tot sy oorspronklike glorie te herstel, het die laaste paar maande eers vlerke gekry. Dit is danksy Gerda Stols, ’n plaaslike inwoner, en die organisasie Vriende van die Tolhuis. Verskeie mense en sakeondernemings in die Suid-Kaap het met die projek gehelp. “Ek is ongelooflik trots,” het Stols Donderdag aan Die Burger gesê toe die deure van die “nuwe” Tolhuis, kompleet met houtvloere en ander klipwerk, oopgegooi is vir ’n besoek deur dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK.

News 24
Bootstrap Slider